Jaarboeke

Heelskoolevaluering en klaskamerassessering 880


 
Modulekode HSE 880
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Hierdie module bestaan uit twee prominente dele: A. Heelskoolevaluering en B. Klaskamerassessering. Deel A begin met ‘n opsomming van die Suid-Afrikaanse beleidsdokumente op heelskoolevaluering (HSE). HSE is gemik op die verbetering van skool- en klaskamerprosesse. Dit dek ook internasionale en nasionale literatuur op skoolverbetering en effektiwiteit. Siende dat HSE nuut is in die meeste skole, sal hoofde en onderwysers se aandag gevestig word op strategieë om HSE op skoolvlak te implementeer, sowel as die voorbereiding vir HSE. Deel B dek strategieë en metodes vir klaskamerassessering in UGO. Studente sal leer hoe om goeie kwaliteitsassessering te ontwerp en dit toe te pas in omgewings van hul keuse.
Modulekrediete 12.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Wet, Wisk en Tegnologie-ond
Aanbiedingstydperk Jaar

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences